# Die Departement van Korrektiewe Dienste kan nie rekenskap gee van 27-duisend-797 voortvlugtige hoërisiko-paroolgangers nie. Hul misdade sluit in moord, verkragting, ontvoering en gewapende roof. ʼn AmaBhungane-ondersoek het onthul dat 15-duisend-860 voortvlugtig is sedert hulle tussen 1991 en 2004 op parool vrygelaat is, maar die staat kan hulle nie opspoor en weer arresteer nie. Gauteng het op nege-duisend-355 die meeste voortvlugtiges. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê hulle handhaaf ʼn gevolge-gedrewe opspoor- en nasporing-vermoë en gaan voort om voortvlugtige paroolgangers suksesvol na die korrektiewe stelsel terug te bring.
Suid-Afrika se korrektiewe stelsel kan nie rekenskap gee van byna 28 000 paroolgangers nie