Skip to content

Suid-Afrika hersien ruimtebedryf-wetgewing

# Die regering het ‘n konsepwetsontwerp op die Regulering van die Ruimtebedryf gepubliseer, wat bedoel is om die Wet op Ruimte-aangeleenthede van 1993 te vervang. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die voorgestelde wetgewing het ten doel om regulering te versterk, nasionale veiligheid te verbeter en privaat belegging in die ruimtesektor te lok. Dit beveel ook die instelling van ‘n onafhanklike Ruimtereguleringsowerheid aan, om toesig te hou oor bedryfsaktiwiteite. Belanghebbendes het 60 dae tyd om openbare kommentaar in te dien voordat die wetsontwerp deur die Parlement gevoer word.