Skip to content

Suid-Afrika herkies op raad van telekommunikasie-unie

# Suid-Afrika is herkies op die raad van die Internasionale Telekommunikasie-unie vir 2027 tot 2030. Die raad oorweeg breër telekommunikasie-beleidskwessies. Die Presidensie sê Suid-Afrika se herkiesing vind plaas te midde van vinnige tegnologiese hervorming, gekenmerk deur vordering met kunsmatige intelligensie, opkomende digitiale tegnologie, volgendegeslag-telekommunikasie-infrastruktuur en ontwikkelende data-bestuursraamwerke. Hy sê die land sal in die volgende termyn ‘n inklusiewe, ontwikkelings-georiënteerde unie voorstaan wat globale verbinding bevorder. Die Presidensie sê Suid-Afrika sal ook pogings versterk om kubersekerheids-vermoë te versterk.