Skip to content

Suid-Afrika en Rwanda kom ooreen om betrekkinge te hersien [KLANK]

# Suid-Afrika en Rwanda het ooreengekom om betrekkinge te hersien en ʼn dekade lange gespanne diplomatieke verhouding te herstel. Dit volg na gister se bilaterale hoëvlak-samesprekings tussen die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, en Rwanda se minister van Buitelandse Sake en Internasionale Samewerking, Olivier Nduhungirehe, in Pretoria. Die verhouding tussen die twee lande het sedert 2014 versuur toe streng reisbeperkings op Rwandese ingestel is te midde van toenemende politieke spanning. Lamola sê baie dinge verbind die twee nasies:

ENG LamolaOnRwandaRelations