# Die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -Voorkoming verwelkom Suid-Afrika se belofte van 41,2-miljoen-rand aan die Afrika-epidemiefonds ter ondersteuning van die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda se stryd teen die Ebola-uitbrekings. Meer as 600 vermeende gevalle en 139 sterftes is tot dusver in die twee lande aangeteken. Die sentrums sê Suid-Afrika se leierskap weerspieël die groeiende belangrikheid van Afrika-geleide befondsingsmeganismes en versterk die droom van ‘n vasteland wat veerkragtig, selfstandig en gesondheidsveilig is.
Suid-Afrika dra R41,2-miljoen by tot stryd teen Ebola-uitbrekings in die DRK en Uganda