Skip to content

Suid-Afrika dien aansoek in vir verlof tot appèl oor uitlewering van Shepherd Bushiri

# Die Suid-Afrikaanse regering het ‘n aansoek om verlof tot appèl ingedien teen ‘n Malawiese hofbeslissing wat die uitlewering van die profeet Shepherd Bushiri en sy vrou Mary, na Suid-Afrika gestop het. Die Hooggeregshof in Malawi het verlede maand ‘n bevel wat die weg baan vir die uitlewering tersyde gestel. Die regering voer in hofstukke aan die regter het dokumentêre getuienis verkeerdelik verwerp en versuim om te beoordeel of daar genoeg bewysstukke is om ‘n verhoor in Suid-Afrika te regverdig. Die egpaar staan ​​tereg op aanklagte van bedrog en geldwassery.