# Suid-Afrika is vandag die gasheer van die tweede G20 Sjerpa-vergadering wat virtueel vanaf Pretoria aangebied word. Die twee-daagse vergadering, word deur die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge, Zane Dangor, aangebied en fokus op solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid. Kernonderwerpe sluit in skuldweerstand in lae-inkomste lande, die beveiliging van kritieke minerale vir volhoubare ontwikkeling, en die mobilisering van Suid-Afrika se regverdige energie-oorgang. Die eerste Sjerpa-vergadering onder Suid-Afrika se G20-presidentskap het in Desember verlede jaar plaasgevind. Hierdie besprekings lê die grondslag vir die G20-beraad in Desember vanjaar.
Suid-Afrika bied tweede G20 Sjerpa-vergadering aan