# ʼn Nuwe studie het bevind byna ʼn derde van die antibiotika wat mense inneem, wat sowat agt-duisend-500 metrieke ton per jaar is, beland in riviere. Dit wek kommer oor die gevaar vir waterlewe en toenemende weerstandigheid teen antibiotika. Navorsers het 40 algemene antibiotikas nagespoor en uitgevind die besoedeling is wydverspreid, selfs op plekke waar min data beskikbaar is. Volgens die joernaal, PNAS Nexus, is amoksisillien die algemeenste, veral in gebiede met swak afvalwaterstelsels. Kenners sê beter monitering en suiweringstelsels is nodig om risiko’s te verminder.
Studie bevind mense se antibiotika-gebruik besmet riviere wêreldwyd