Skip to content

Studie bevind klimaatsverandering verander die aarde se aswenteling

# Klimaatsverandering beïnvloed die aarde se omwenteling om sy eie as, en word veroorsaak deur smeltende gletsers, pool-ys wat afneem en veranderende watervlakke. Dit is die bevinding van navorsers by ETH Zurich, ʼn universiteit in Switserland. Die studie gebruik geskiedkundige data en toekoms-projeksies om te bepaal hoe klimaatverwante massaverskuiwing die aarde se as laat kantel en in die toekoms verder sal laat kantel. Die navorsers sê minder vrystellings sal bydra om die aarde se aswenteling bestendig te hou.