Skip to content

Strenger beheer oor kriptogeldeenhede kan Suid-Afrikaners wegdryf van die rand

# Die ekonoom, Dawie Roodt sê Suid-Afrika loop die risiko om mense van die rand weg te dryf as valutabeheer op kriptogeldeenhede verskerp word. In ‘n onderhoud met BizNews het Roodt die voorgestelde Tesourie-regulasies kritiseer wat kripto-houers kan dwing om bates te verklaar en, in sommige gevalle, aan die staat te verkoop. Hy het aangevoer blokkettingtegnologie maak tradisionele valutabeheer moeilik om af te dwing. Intussen sê die Nasionale Tesourie die konsepregulasies is daarop gemik om onwettige finansiële vloei te voorkom en nie om privaat eienaarskap van digitale bates te ondermyn nie.