# Die prys van vliegkaartjies in Suid-Afrika het skerp gestyg nadat stralerbrandstofpryse verhoog het weens die konflik in die Midde-Ooste. FlySafair sê brandstofpryse het binne ʼn week met tot 70-persent gestyg, wat meer as die helfte van die vlugkoste uitmaak. Die redery het daarom ʼn tydelike bybetaling ingestel. ʼn Retoervlug tussen Johannesburg en Kaapstad kos nou meer as vier-duisend-rand, wat byna dubbel die gewone prys is. Die lugredery sê op sommige roetes word meer as 800-rand by die kaartjieprys gevoeg, wat reiskoste aansienlik verhoog.
Stralerbrandstof-prysverhogings laat vliegkaartjiepryse skerp styg