# Die sterftesyfer in die Oos-Kaapse vloede het tot 79 gestyg nadat reddingspanne die liggaam van ‘n jong meisie naby die Efatarivier in Mthatha gevind het. Meer as ‘n duisend mense is steeds haweloos. Die LUR vir Gesondheid, Ntandokazi Capa, sê lykskouings is op 70 slagoffers uitgevoer, met 30 liggame wat reeds aan naasbestaandes oorhandig is. Nog agt lykskouings is tans aan die gang. Die owerhede verwag dat die dodetal verder sal styg aangesien sommige gesinne geliefdes nog moet opspoor en identifiseer.
Sterftesyfer in Oos-Kaap vloede styg tot 79