# Vanjaar se Cape Spring Xperience, ‘n opwindende leefstyl en musiekgeleentheid, gaan ‘n kleurvolle viering wees met verskeie lewende optredes. Die tema is Pastel and Floral. Van die kunstenaars wat gaan optree, is Zonke, Big Zulu, DJ Zinhle, Bravo le Roux, Jaziel Brothers, Mshay en Ismail Abrahams. Die organiseerders sê gaste kan uitsien na ‘n dag met uitstekende musiek, heerlike kos, plaaslike wyn, leefstylaktiwiteite en eksklusiewe BBP-ondervindings. Cape Spring Xperience word Saterdag op die Kenilworth-renbaan in Kaapstad gehou.
Sterbelaaide program vir vanjaar se Cape Spring Xperience