# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê sy departement en ander belanghebbendes sal Maandag en Dinsdag ‘n hoëvlak-nasionale bek-en-klouseer-indaba in Roodeplaat, Pretoria, aanbied. Hy sê Suid-Afrika ervaar tans beduidende en voortdurende uitdagings met uitbrekings van bek-en-klouseer in verskeie provinsies. Dit het gelei tot beperkings op die beweging van vee en het die land se rooivleishandel op internasionale markte aansienlik beïnvloed. Steenhuisen sê Suid-Afrika kan nie bekostig om bek-en-klouseer soos gewoonlik te hanteer nie:
Steenhuisen lei bek-en-klouseer Indaba in Pretoria [KLANK]
ENG SteenhuisenonIndaba