# Statistiek Suid-Afrika sê die formele nie-landbousektor het gedurende die eerste drie maande vanjaar 80-duisend werksgeleenthede verloor, wat algehele indiensneming in dié sektor tot 10,5-miljoen verminder het. Die grootste afname was in gemeenskapsdienste en handel, terwyl vervaardiging, mynbou en sakedienste klein winste getoon het. Honderd-21-duisend formele werksgeleenthede het verlore gegaan in vergelyking met ‘n jaar gelede. Matlapane Masupye van Statistiek Suid-Afrika sê die gemiddelde maandelikse inkomste het effens gestyg tot sowat 30-duisend-rand:
Statistiek SA meld verlies van 80 000 formele sektor-poste in eerste kwartaal van 2026 aan [KLANK]
ENG MasupyeOnJobLosses