Skip to content

Starmer sê verskeie lande sal help om skepe deur die Seestraat van Hormoes te beskerm

# Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê meer as ‘n dosyn lande is bereid om deel te neem aan ‘n internasionale sending om skepe deur die strategies-belangrike Seestraat van Hormoes te beskerm wanneer toestande dit toelaat. Dit volg op Iran se aankondiging dat die roete heropen is na ‘n wapenstilstands-ooreenkoms tussen Israel en die Irans-gesteunde Hizbollah in Libanon. Reuters berig die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy het nie bondgenote se hulp nodig nie en hulle moet wegbly. Die roete dra 20 persent van die wêreld se olie- en gasreserwes.