# Die burgerlike beweging, StandUpSA, in ‘n vennootskap met Enough Is Enough, lei vandag ‘n “Ramaphosa moet gaan”-optog in Pretoria. Betogers sal na die Uniegebou stap om ‘n memorandum te oorhandig wat die president se bedanking eis. Organiseerders beskuldig president Ramaphosa daarvan dat hy nie korrupsie, werkloosheid en dienslewering aangepak het nie. StandUpSA sê die vreedsame protes weerspieël liefde vir Suid-Afrika en frustrasie met ‘n president wat uit voeling is met die publiek.
StandUpSA en Enough Is Enough eis Ramaphosa se bedanking met optog in Pretoria