Skip to content

Stad Kaapstad is vasbeslote om vleilande te beskerm

# Kaapstad se onderburgemeester, Eddie Andrews, sê die metro wil vleilande beskerm en internasionale verbintenisse versterk om vleilande te bewaar. Kaapstad is onder 43 geakkrediteerde Vleilandstede reg oor die wêreld. Die metro het onlangs sy eerste Vleiland-verslag bekendgestel. Dit gee erkenning aan bestepraktyk-werk wat tot dusver onderneem is om beleide en planne in te stel en seker te maak Kaapstad se vleilande is beskerm en gerehabiliteer. Andrews sê die verslag voorsien die publiek van ʼn omvattende en pragtige opsomming van Kaapstad se natuurlike vleilande en waterweë.