Skip to content

Stad Johannesburg vra kliënte om kontakbesonderhede op datum te kry en diensonderbrekings te vermy

# Die Stad Johannesburg vra munisipale rekeninghouers om hul kontakbesonderhede onmiddellik op datum te bring sodat hul elektrisiteit- en waterdienste nie weens wanbetalings ontkoppel word nie. Die finansiële direkteur, Kgamanyane Maphologela, sê baie kliënte se inligting is verouderd of verkeerd, wat dit vir die Stad moeilik maak om state en diensopdaterings te stuur. Inwoners word aangemoedig om hul besonderhede vinnig op datum te kry by die Groep Finansiële Departement. Hy beklemtoon as ‘n faktuur nie ontvang is nie, beteken dit nie kliënte word vrystel van betaling nie.