# Die Stad Johannesburg het die proses hervat om registrasies, aansoeke en informele handelspermitte in die stad uit te reik. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling, Nomoya Mnisi, sê die proses sal in die middestad begin en dan na ander areas uitgebrei word. Die projek sal informele handelaars reguleer en ondersteun as deel van die stad se ekonomiese groeistrategie en word gelei deur die Informele Handelsbeleid van 2022. Mnisi sê slegs kwalifiserende handelaars sal in aanmerking kom vir permitte met die eerste permit wat gratis is.
Stad Johannesburg hervat proses om registrasies vir informele handelspermitte uit te reik