Skip to content

Staatsdiensvakbond sê ‘n koersverlaging is geregverdig en nodig

# Die Vereniging van Staatsamptenare sê met inflasie wat binne die Suid-Afrikaanse Reserwebank se teikenband is en die ekonomie wat teen ‘n slakkepas groei, is ‘n rentekoersverlaging geregverdig en nodig. Sommige ekonome verwag dat die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee die repokoers met 25 basispunte sal verlaag. Die staatsdiensvakbond sê ‘n verlaging in rentekoerse sal broodnodige ruimte vir werkers bied en die ekonomie stimuleer. Hy voeg by dat ‘n versigtige maar beslissende koersverlaging ‘n verbintenis tot inklusiewe ekonomiese herstel sal wys.