# Die Vereniging van Staatsamptenare sê die toenemende waterkrisis in Suid-Afrika dreig om die ekonomie onbestendig te maak, ongelykheid te verdiep en beleggersvertroue te ondermyn. Volgens die vakbond het aanhoudende watertekorte, agteruitgaande infrastruktuur en ‘n gebrek aan daadkragtige regeringsingryping daartoe gelei dat miljoene burgers nie oor betroubare toegang tot water beskik nie. Woordvoerder Claude Naicker sê die chroniese verwaarlosing van waterinfrastruktuur, wat pyplyne laat breek en suiweringsaanlegte buite werking gestel het, is die regstreekse gevolg van swak beplanning, korrupsie en versuim om noodsaaklike stelsels in stand te hou.
Staatsdiensvakbond rig waarskuwing oor Suid-Afrika se toenemende waterkrisis