Skip to content

Staatsdiensvakbond moedig publiek aan om belastingopgawes betyds in te dien

# Die Vereniging van Staatsampenare moedig alle belastingbetalers aan om by belastingregulasies te hou en hulle belastingopgawes betyds in te dien. Voorlopige belastingbetalers het tot 19 Januarie om hulle opgawes in te dien. Woordvoerder van die vakbond, Reuben Maleka, waarsku ook die publiek teen kubermisdadigers wat vals e-posse, SMSe en WhatsApp-boodskappe stuur, wat verklaar dat hulle die Inkomstediens verteenwoordig. Maleka waarsku dat hierdie aktiwiteite kan lei tot identiteitsdiefstal, ongemagtigde toegang tot bankrekeninge, en finansiële bedrog.