# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hulle verwelkom met versigtigheid die pogings van die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, om korrupsie in die land se gesondheidstelsel uit te roei. ‘n Ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid het onlangs aan die lig gebring dat die Tembisa-hospitaal in Gauteng twee-miljard-rand verloor het weens beweerde tenderbedrog en onreëlmatighede. Claude Naicker van die vereniging sê die bemagtiging van hospitaalleierskap deur hulle toe te rus om korrupsie op te spoor en te voorkom, is noodsaaklik om openbare hulpbronne te beskerm en gehalte-gesondheidsorg te verseker:
Staatsdiensvakbond is versigtig oor die teenkorrupsiemaatreëls vir die gesondheidsektor [KLANK]
ENG NaickerOnHealthCare