# Die Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag ʼn aansoek van die Presidensie en die staatsadvokaat aan om 28-miljoen-rand se regskoste in sy persoonlike hoedanigheid van oudpresident Jacob Zuma te verhaal. Die Appèlhof het in 2021 beslis Zuma is nie geregtig op voortgesette staatsbefondsing vir sy korrupsiesaak nie. Die staat het verlede jaar met ʼn regsgeding begin om die geld terug te kry. Zuma sê hy sal nie die geld kan terugbetaal nie, selfs nie as sy presidensiële pensioen aan die staat verbeurd verklaar word nie.
Staat se pogings in kollig om meer as R28-miljoen se regskoste van Zuma te verhaal