# Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Staal- en Ingenieursbedrywe sê die 30-persent Amerikaanse invoertarief vererger die druk op die sukkelende staalsektor. Die bemarkingsbestuurder, Nuraan Alli, het by die Rand Mutual Assurance Prevention Conference in Durban, KwaZulu-Natal, gesê produksie het verlede jaar met 1,4-persent gedaal en 2023 se wins omgeswaai. Sy waarsku die tarief beïnvloed alle uitvoerders in die waardeketting, met sekere maatskappye wat reeds personeel afdank en vervaardiging terugsny.
Staalfederasie beweer 30% Amerikaanse invoertarief vererger druk op sektor