# ‘n Vroue-spuitvliegtuigvlieënier is dood nadat ‘n helikopter op die Roodegrond-plaas naby Patensie in die Oos-Kaap neergestort het. Die polisie sê die helikopter het kraglyne getref en die 43-jarige vlieënier is op slag gedood. ‘n Ondersoek is geopen om die oorsaak vas te stel. Owerhede hou die naam van die vlieënier terug totdat sy amptelik uitgeken is. Plaaslike boere, nooddienste en ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy het na die toneel gehaas.
Spuitvliegtuigvlieënier dood in helikopterongeluk naby Patensie