# Sportnuus: Die swemmer Tatjana Smith, wat vier Olimpiese medaljes ingepalm het, is op die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings as Sportvrou en Sportster van die Jaar aangewys. Sy het uitgetree ná verlede jaar se Spele in Parys. Die fietsryer Alan Hatherly is Sportman van die Jaar, en Simoné Kruger en Mpumelelo Mhlongo Sportvrou en Sportman van die Jaar met gestremdhede. Die vier-maal-100-meter mans-aflosspan is Span van die Jaar danksy hul silwermedalje in Parys. Smith sê dit was spesiaal om die land te verteenwoordig:
Sportnuus: SA se goue meisie Tatjana Smith die groot wenner by SA Sporttoekennings [KLANK]
ENG SmithOnRepresentingSA