# Die Spesiale Ondersoekeenheid het ʼn bevriesingsbevel van die Spesiale Tribunaal bekom teen ʼn eiendom wat glo gekoop is met wanbestede fondse van die Nasionale Loterykommissie. Die eiendom in Centurion, Gauteng, is geregistreer onder Black Tshisimba, ʼn maatskappy van Collin Tshisimba, wat betrek word by ander gevalle van wanbesteding van loteryfondse. Die ondersoekeenheid sê Make Me Movement, ʼn organisasie sonder winsbejag wat sowat 17,5-miljoen-rand van die loterykommissie ontvang het vir die bevordering van fietsry in landelike gebiede, het die geld herlei na instellings wat verbind word met Tshisimba en sy vennote.
Spesiale Ondersoekeenheid verkry bevriesingsbevel vir eiendom wat met wanbestede loteryfondse gekoop is