Skip to content

Spesiale Ondersoekeenheid stel vandag ‘n tussentydse verslag oor Tembisa-hospitaal vry

# Die Spesiale Ondersoekeenheid sal vandag sy tussentydse verslag rakende die ondersoek oor Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni vrystel. Die hospitaal word geteister deur bewerings van korrupsie en wanadministrasie. Die hoof van die Ondersoekeenheid, Andy Mothibi, sal die sitting lei, vergesel deur die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, en die Gautengse premier Panyaza Lesufi. Die eenheid se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die publiek sal ‘n vorderingsverslag oor die ondersoek ontvang, wat deel vorm van die eenheid se verbintenis tot deursigtigheid en verantwoordbaarheid.