Skip to content

Spesiale kabinetsvergadering word vandag gehou om dooiepunt in begroting te bespreek

# President Cyril Ramaphosa hou vandag ‘n spesiale kabinetsvergadering om die omstrede begroting te bespreek. News24 berig die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal na verwagting ‘n alternatiewe begroting voorlê ná die onenigheid in die regering van nasionale eenheid oor die voorgestelde BTW-verhoging van twee-persentasiepunte. Die begroting is verlede week tot 12 Maart uitgestel as gevolg van hierdie dooiepunt. Die vergadering beoog om ‘n middeweg te vind te midde van kommer oor inkomstetekorte en ekonomiese druk.