Skip to content

Spaza-winkel eienaars aangemoedig om grondgebruik-aansoeke te finaliseer

# Die Stad Johannesburg doen ‘n beroep op Spaza-winkeleienaars wat aansoek gedoen het vir grondgebruiksgoedkeuring om die hulptoonbank van Ontwikkelingsbeplanning te besoek en die status van hulle aansoeke na te gaan. Sedert November 2024 is meer as een-duisend aansoeke ingedien, maar baie bly onvolledig weens verkeerde kontak- of eiendomsbesonderhede. Die burgemeesterskomiteelid van Ontwikkelingsbeplanning, Eunice Mgcina, het aansoekers gevra om uitstaande dokumente dringend in te dien om registrasies by Forum 1, Braam Park-kantore te finaliseer.