Skip to content

Spanje teken temperatuur van 46 grade Celsius aan in hittegolf in Europa

# ʼn Groot deel van Europa loop deur onder ʼn hittegolf en owerhede het in talle lande gesondheidswaarskuwings uitgereik. Die suide van Spanje word die ergste geraak en ʼn nuwe rekord van 46 grade Celsius is Saterdag in die dorp, El Granado, aangeteken. Volgens Spanje se nasionale weerdiens is hierdie maand op pad om die warmste Junie op rekord te word. Rooi hittewaarskuwings is uitgereik in dele van Portugal, Italië en Kroasië, met talle geel waarskuwings in die res van Europa.