# Spanje het verlede maand een-duisend-29 sterftes aangeteken wat toegeskryf kan word aan hitte. Amptelike data toon ‘n hittegolf van vyf-dae met temperature van bo 40-grade Celsius maak dit die tweede warmste Junie ooit, vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die weeragentskap AEMET sê gemiddelde temperature was 3,2-grade hoër as normaal. Data van die Ministerie van Gesondheid se daaglikse sterfte-monitorstelsel toon hierdie Junie is die meeste hitteverwante sterftes aangeteken sedert dieselfde maand in 2015.
Spanje skryf meer as ‘n duisend sterftes toe aan hitte in tweede warmste Junie ooit