Skip to content

Spanje se minister van Vervoer bedank ná twee dodelike treinongelukke

# Spanje se minister van Vervoer, Óscar Puente, het bedank en sê hy kan nie in sy amp aanbly ná twee ernstige treinongelukke binne minder as ‘n jaar nie. Nege-en-sestig mense is verlede week dood in ‘n botsing tussen twee sneltreine buite die dorp Urda, een van Europa se dodelikste treinongelukke hierdie eeu. In Januarie het ‘n treinongeluk in die suidelike streek Andalusië 46 lewens geëis. Puente het ook onttrek aan die komende algemene verkiesing, maar sê die regering sal onverpoosd werk om openbare vertroue in sneltreindienste te herstel.