# Die vakbond Solidariteit sê hy is gereed om by ‘n Suid-Afrikaanse taakspan aan te sluit vir dringende onderhandelings oor ‘n handelsooreenkoms met Amerika. Die vakbond sê dit is noodsaaklik om dit voor 1 Augustus te doen wanneer die 30-persent-tarief op plaaslike uitvoere in werking tree. Solidariteit het in ‘n skrywe aan minister Parks Tau beklemtoon politici kan nie alleen die krisis oplos nie. Hy waarsku die versuim om vinnig op te tree kan tot 275-duisend werksgeleenthede kos, wat landbou en voertuigvervaardiging die hardste kan tref.
Solidariteit vra dringende taakspan om Amerikaanse handelstariewe af te weer