# Die vakverbond Solidariteit verwelkom ’n uitspraak deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie wat bevind het dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens skuldig is aan onbillike arbeidspraktyke. Dit volg nadat ‘n Valke-offisier in Kimberley in die Noord-Kaap, Ralda Breedt, oor die hoof gesien is vir ‘n bevordering wat aan ‘n swakker gekwalifiseerde kandidaat toegeken is. Theunis van Staden van Solidariteit sê Breedt sal nou bevorder word, met ‘n salaris terugwerkend tot 2023 en 660-duisend-rand beloop. Dit sal hierdie maand uitbetaal word:
Solidariteit teken besondere oorwinning aan in SAPD diskriminasie-saak [KLANK]
AFR TheunisOnPromotion