Skip to content

Solidariteit sê hy het ‘n sensitiewe stadium in onderhandelinge met FlySafair bereik

# Solidariteit sê hy het ‘n sensitiewe stadium in onderhandelinge met FlySafair by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie bereik. Die vakbond verteenwoordig sowat 200 vlieëniers wat sedert Maandag staak nadat onderhandelinge oor salarisse gefaal het. Die laekoste lugdiens het vroeër ‘n jaarlikse salarisverhoging van 5,7-persent vir vlieëniers aangebied maar die vakbond eis 10,5-persent en beter werksomstandighede. Solidariteit sê die staking en uitsluitingsomstandighede gaan voort en die betrokkenes sal samesprekings môre hervat.