Skip to content

Solidariteit eis die onmiddellike afdanking van SANW-hoof oor sy reis na Iran [KLANK]

# Solidariteit vra president Cyril Ramaphosa om die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, generaal Rudzani Maphwanya, af te dank oor sy omstrede reis na Iran. Maphwanya en die bevelvoerder van die Iranse Leër, generaal-majoor Amir Hatami, het in Teheran hul lande se gedeelde doelwit geprys om wêreldwye arrogansie en aggressiewe koloniale benaderings te bekamp. Maphwanya het ook Israel se bomaanvalle in Gaza veroordeel. Woordvoerder Jaco Kleynhans sê ‘n versterking van bande met Iran bedreig ekonomiese en diplomatieke betrekkinge met die Weste:

AFR KleynhamsOnDismissal