# Die vakbond Solidariteit sê gebrekkige bevorderingsprosesse het ‘n chroniese probleem binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens geword. Dit volg na ‘n uitspraak deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie wat bevind het SAPD Kaptein Christiaan du Plessis is onregverdig ‘n stasiebevelvoerderpos in Moorreesburg, Wes-Kaap, geweier en het hom vergoeding gelykstaande aan tien maande se salaris toegeken. Theunis van Staden van Solidariteit sê minder gekwalifiseerde kandidate is op die kortlys geplaas:
Solidariteit beskuldig SAPD van herhaalde ongerymdhede met bevorderings [KLANK]
AFR TheunisOnIrregularities