# Sokker: Die voormalige FIFA-president Sepp Blatter en die legendariese Franse speler, Michel Platini, is albei deur ‘n Switserse Appèlhof vrygespreek op korrupsie-aanklagte, twee en ‘n half jaar nadat hulle die eerste keer ook vrygespreek is. Die saak gaan oor ‘n betaling aan Platini wat Blatter gemagtig het vir werk wat van 1998 tot 2002 gedoen is. Die skandaal het in 2015 ontstaan toe Platini die president van die beheerliggaam vir Europese sokker, UEFA, was. Die skandaal het sy hoop om Blatter op te volg beëindig en Blatter is gedwing om FIFA te verlaat.
Sokker: Switserse hof spreek Blatter, Platini vry in FIFA-korrupsiesaak