# Sokker: Die African Restoration Bank het ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof ingedien om die plaaslike sokker beheerliggaam, SAFA, se verkiesingskongres wat vir 12 September geskeduleer is, te stop. Die ARB-president Vuyisile Charles Ndabeni wil hê die Hof moet die verkiesings verbied totdat bestuurskwessies opgelos is. Die aansoek vra vir die openbaarmaking van SAFA se grondwet, wysigings, verkiesingskode en kandidaatlyste, en bevraagteken of die wysigings behoorlik aangeneem is. Ndabeni sê hulle versoek sakeredding indien dit van toepassing is, alternatiewe bestuursverligting en ook ‘n forensiese ondersoek.
Sokker: SAFA-verkiesing in gedrang met ARB wat Hooggeregshof om interdik nader