# Sokker: Suid-Afrika se super-ondersteuner, Mama Joy Chauke, sê haar hart is gebreek nadat sy nie ‘n borgskap kon kry om die Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika by te woon nie. Sy is bekend vir haar uitbundige ondersteuning van nasionale spanne op groot internasionale sportgeleenthede. Die besluit volg na ‘n volgehoue debat oor staatsbefondsing vir beïnvloeders en super-ondersteuners. Chauke sê dit maak seer om uitgesluit te word ondanks haar langdurige ondersteuning van Suid-Afrikaanse sport en die bevordering van nasionale trots op die wêreldverhoog.
Sokker: Mama Joy se Wêreldbekerdroom aan skerwe na borgskap-omstredenheid