# Sokker: Liverpool Sokkerklub en die Premierliga het hulle skok en verplettering uitgespreek oor die dood van Liverpool en Portugese sokkerster, Diogo Jota, en sy broer Andre. Die broers het in ‘n motorongeluk in Spanje gesterf. Die 28-jarige Diogo het 182 wedstryde vir Liverpool gespeel, 65 doele aangeteken en hulle gehelp om die 2024/25 Premierliga-titel te verower. Hy het ook die Carabao-beker in 2022 gewen en twee keer die Nasiesliga saam met Portugal gewen. Die Premierliga sê sokker het ‘n kampioen verloor wat gemis sal word.
Sokker: Liverpool en Premierliga beskryf Jota na sy dood as ‘n kampioen