# Sokker: Alhoewel die Kampioenliga-eindstryd tussen Paris Saint-Germain en Inter Milan môre in München, Duitsland, plaasvind, word duisende polisielede in Parys ontplooi. Baie van die vyf-duisend-400 beamptes sal op die Franse hoofstad se Champs-Élysées en rondom PSG se tuisstadion Parc des Princes aan die suidwestelike rand van die stad ontplooi word. Die wedstryd is die hoogtepunt van die Europese seisoen. Ten spyte van enorme uitgawes het PSG nog nooit die glansrykste prys in Europese klubsokker gewen nie.
Sokker: Duisende polisiebeamptes in Parys ontplooi vir Kampioenliga-eindstryd in München