# Die Soil of Africa Civic Movement lei vandag ‘n afsluitbetoging by alle kantore van die Departement van Binnelandse Sake in Tshwane. Dit is in reaksie op die departement se voortdurende versuim om die blokkering van identiteitsdokumente van duisende Suid-Afrikaanse burgers op te hef. Die Hooggeregshof in Pretoria het bevind dat die departement se praktyk om ID’s sonder ‘n behoorlike regsproses te blokkeer, onwettig is. Die aantal geblokkeerde ID’s is teen die einde van Julie van 2,5 miljoen tot 385-duisend verminder. Die beweging se Bongani Ramontja sê talle burgers kan nie werk of toegang tot maatskaplike toelaes kry nie.
Soil of Africa gaan Binnelandse Sake se kantore oral in Tshwane afsluit weens geblokkeerde ID’s