Skip to content

Soektog gaan voort na vermiste vlieënier na ongeluk by lugvertoning in Durban [KLANK]

# Die Nasionale Seereddingsinstituut sê die soektog gaan voort na die vlieënier wat vermis word na gister se vliegongeluk in Durban. Die ligte vliegtuig was deel van ‘n lugvertoning by Noord-strand naby die Suncoast Casino toe dit in die see gestort het. Die 61-jarige vlieënier van Johannesburg was volgens berigte alleen in die vliegtuig. Die NSRI se woordvoerder, Craig Lambinon, sê hulle het sedert vroeg vanoggend wrakstukke bymekaar gemaak wat oornag uitgespoel het:

ENG CraigonPilot