# Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Andy Mothibi, sê as die gasheerland is Suid-Afrika in ‘n uitsonderlike posisie om sy G20-presidentskap te benut om plaaslike en internasionale korrupsie-uitdagings aan te pak. Die derde vergadering van die G20-teenkorrupsiewerkgroep vind hierdie week in Mpumalanga plaas. Die voorsitterskap word gedeel deur Mothibi en Marcelo Pontes Vianna van Brasilië. Mothibi sê hy is vol vertroue dat die werkgroep oor al vier prioriteite sal saamstem, naamlik versterking van die integriteit van die openbare sektor, verhoging van bateherwinningsdoeltreffendheid, inklusiewe samelewingsdeelname en die beskerming van fluitjieblasers:
SOE-hoof is vol vertroue dat die G20-teenkorrupsiewerkgroep oor al sy prioriteite sal saamstem [KLANK]
ENG MothibiOnActionPlan