Skip to content

SOE bevries onroerende eiendom in Limpopo as deel van sy ondersoek na Loterykommissie

# Die Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n bewaringsbevel van die Spesiale Tribunaal verkry om onroerende eiendom in Limpopo te bevries wat verbind word met sy ondersoek na die Nasionale Loterykommissie. Die bevriesing van Gedeelte 15 van die plaas Zandrivierspoort word verbind met die wanbesteding van geld wat bedoel was vir die bou van ouetehuise. Die SOE sê hy fokus op drie organisasies sonder winsbejag wat saam meer as 66-miljoen-rand ontvang het onder valse voorwendsels. Daar is bevind die ontbinde Matieni-gemeenskapsentrum is bedrieglik laat herleef om vir befondsing aansoek te doen.