Skip to content

Sluise by die Vaal- and Bloemhofdamme bly oop terwyl watervlakke stabiliseer

# Die Departement van Water en Sanitasie het bevestig dat tien sluise van die Vaaldam oop bly, met watervloei van een-duisend-700-en-sewentig-kubieke meter per sekonde, terwyl die Bloemhofdam vloei van drie-duisend-600-kubieke meter per sekonde handhaaf. Die Vaaldam is steeds 119-persent vol en Bloemhofdam is op 117-persent. Die departement sê ondanks die afname in invloei, voorsien die takriviere steeds die stelsel van water, terwyl beheerde vrystellings voortduur. Intussen oorstroom die Vanderkloof- en Gariepdamme met albei wat meer as 108-persent vol is.